Saadaartappels as boerderyvertakking
Jongste vertakking by Westend Landgoed
Die saadaartappelvertakking is die jongste vertakking by Westend en is sowat sewe jaar gelede in 2009 begin. Dus beslaan die vertakking net 6% van die hele opset. Dit is relatiewe klein vertakking in opsig van die hele Westend Landgoed - Hoofsaaklik as gevolg van die beperkte besproeiingsmoontlikhede en die feit dat daar een uit elke ses seisoene op 'n sirkel geproduseer kan word.

Besproeiing
Uit die aard van die saak is die saadaartappel boerdery afhanklik van besproeiing en derhalwe word elke hektaar optimaal benut. Sodoende word gepoog om die sirkels waarop aartappels jaarliks geplant word se produksie te optimaliseer deur gronde te dreineer waar nodig.
Ons produseer hoofsaaklik vir privaat varsmark produsente in Limpopo. Hier word uitsluitlik van oopkultivars gebruik gemaak.
Beperkings
Elke stukkie grond moet optimale produksie verskaf.
Die vertakking het egter sy beperkinge in terme van groeigeleenthede. Die eerste is besproeiing - Tans word daar sowat 60 hektaar onder besproeiing verbou. Omdat aartappels 'n hoë risiko gewas is, en kapitaalinvestering baie hoog is, moet seker gemaak word dat elke stukkie grond optimale produksie verskaf. Uitbreidingsmoontlikhede sal altyd ondersoek word om die vertakking optimaal in die groter prentjie te laat funksioneer.