Akkerbou as boerderyvertakking
Fokus van Westend is op Akkerbou
Die fokus op Mielies en Sojabone beslaan nagenoeg 44% van die boerdery hier. Sowat 25% van die area leen hom toe tot akkerbou met die res wat as natuurlike weiding is. Akkerbou is ook die oudste vertakkings hier by Westend Landgoed.

Mielies en Sojabone
Akkerbou word hier op ongeveer 5 000 hektaar van die 18 000 hektaar boerdery verbou. 'n Deel van hierdie hektare, 560 hektaar, is egter onder besproeiing. Mielies en sojabone word om die helfte verbou met ander woorde 50% wisselbou tussen die twee word toegepas. Nagenoeg 340 hektaar mielies word afgesny vir kuilvoer en sowat 100 hektaar voersorghum word ook gekerf wat dan vir die melkery vertakking gebruik word. Die kerf en inkuil van sojabone word tans ernsitg ondersoek om duur lusern gedeeltelik mee te vervang en sodoende meer selfvoorsienend te wees.
Die groot geheim van boerdery in hierdie area is dat al die vertakkings in verhouding moet groei - Wat 'n gesonde beginsel vir ons is. Ons hulpbronne bepaal basies die groei in die verskillende vertakkings van die besigheid. Hier is risikoverspreiding uiters belangrik.
Die sukses en toekoms
Die Akkerbou vertakking word oorhoofs deur Hano Lombard bestuur:
Elke besigheid moet ‘n goeie besigheidsbeginsel dryf wat ʼn groeikomponent het wat binne vermoeë bestuur moet word. Verder kyk ons ook om waarde toe te voeg en naspeurbaarheid te dryf wat daartoe sal lei dat meer waarde tot produk gevoeg sal word.