Hannes Lombard
Besturende Direkteur
Hannes Lombard is die stigterslid en mede-aandeelhouer by Westend Landgoed. Die 66-jarige ervare boer het reeds in September van 1975 hier in die Morgenzon distrik begin boer. Aanvanklik was die Vryburg gebôre Hannes, wat in die Reivilo distrik in die Noord-Kaap grootgeword het, eers deel van ʼn familieboerdery tot en met 1980 vanwaar hy in sy eie naam begin produseer het. In die jaar 2000 het Hannes, wat ook oor ʼn BSc Ing Siviel graad beskik, en sy seun, Hano, Westend Landgoed gestig waar hulle die vele vertakkings verder uitgebou het.
Hano Lombard
Uitvoerende Direkteur
Hano Lombard is sedert Westend Landgoed se stigtingsjaar in 2000 deel van die maatskappy. Hy het in die Morgenzon-area grootgeword en het Laerskool Morgenzon en Hoërskool Ermelo bygewoon waar hy in 1995 gematrikuleer het. Hy is al 17 jaar deel van Wesend Landgoed waar hy ʼn stigterslid en mede-aandeelhouer in die maatskappy is. Hano hanteer grotendeels die akkerbou vertakking by Westend Landgoed wat basies mielies, sojabone en saadaartappels behels.
Pieter Barnard
Bestuurder: Melkery
Pieter is die 'n gesoute kuddebestuurder en is verantwoordelik vir Westend Landgoed se melkerydivisie waar hy toesien dat die operasionele take uitgevoer word en self die bestuursaangeleenthede behartig.
Werner beskik oor 'n B Tech. Landboubestuursgraad en is sedert 2017 in diens van Westend.
Simphiwe Nkosi
assistentBestuurder: melkery
In die woorde van melkbestuurders Gert Scholtz en James Sutherland is assistent bestuurders Daniel en Simphiwe Nkosi ‘n groot aanwins vir Westend Landgoed. “Daar is nie ‘n manier dat ons sonder hulle kan klaarkom nie. Ons dryf hier ’n opleidingsprogram met die aanhoudende opbou van werkerskorps die uiteindelike doel om mense op ‘n hoër vlak te kry wat voordelig is vir hulle en vir die melkery.
Desember Maseko
Senior Veebestuurder
Desember Maseko is die senior veebestuurder by Westend Landgoed. Hy geniet dit om deel van die bestuur van die veekomponent te bestuur. Desember wat al vir ʼn kwarteeu hier werksaam is, is ʼn bewys dat hierdie maatskappy mense in posisies plaas om hulself te ontwikkel, waarvan sy vordering tot op senior bestuursvlak tekenend is.
Fanie Khubeka
JUNIOR VEEBESTUURDER
Fanie Khubeka is die junior veebestuurder by Westend Landgoed. Hy is al ʼn dekade hier betrokke sedert hy in 2006 hier begin werk het. Fanie het jeug aan sy kant en het die wil om te ontwikkel. Hannes Lombard vertel dat hy werklik die potensiaal het om ten volle hier te ontwikkel. Vandat hy aangesluit het, het hy die werk vasgevat en net eenvoudig uitgeblink.