Westend Landgoed Skape - Merino's

Skaapboerderyvertakking


Waarmee boer ons

Westend Landgoed boer met 100% rasegte merino’s met betrekking tot beide die kudde sowel as die stoetgedeelte. Hierdie skaapboerdery is ongetwyfeld 'n uitstekende vertakking vir Westend Landgoed. Die Merino stoet word op sy eie hanteer en hier teël Westend ramme vir hulle eie stoet.

Cras tempus ligula a tempor adipiscing

Ramme

Baie hoë standaarde word gehandhaaf met slegs ramme met bogemiddelde syfers wat kwalifiseer vir insluiting in die stoetgroep. Hierby word daar bykomend ook streng seleksie toegepas met die aankoop van nuwe ramme. Hier word met die veronderstelling gewerk dat – “Daar beter aangekoop moet word as wat reeds in die stoet is”, wat opsigself nie ʼn maklike taak is nie. Elke jaar word ongeveer vier tot agt nuwe ramme ingekoop, met spesifieke eienskappe, wat sowat 20% van die stoet behels. Van die seleksiepunte sluit in groot ramme, meerlinge, korrekte bouvorm, goeie benestand en bespiering asook balans oor die hele ram sowel as goeie medium wol.

Ooie

Met die doel om die teling suiwer te hou, word van vervangingstoetooie gebruik gemaak wat uit die stoetgroep geselekteer is. Hierdeur word die bes moontlike genetika in die kudde vas geteël en bly die genetika behoue. By die ooie kyk ons ook streng na kondisieteling en vrugbaarheid. Om seker te maak dat die kwaliteit staande bly word elke ooi afsonderlik geklas om te bepaal of die ooi aan al die eienskappe voldoen. Daar word ook prestasietoetse op alle vervangingsooie in die kudde gedoen om te bepaal of hulle die seleksieproses slag. Hier vervang die vervangingsooie alle ou en nie-produserende ooie. Ooie moet minstens een lam per jaar produseer. Hulle word uitklasseer op hulle tande en verskillende kleure oorplaatjies wat die jaargetal help aandui. Ooie loop gemiddeld sewe jaar by Westend Landgoed.

Die wol van Westend Landgoed is van hoogstaande gehalte en is bestem vir die uitvoermark in China en verskeie Europese lande. Om die standaarde te behou word geselekteer vir hoë kwaliteit en hoeveelhede, medium krimpwol met wit kleur, sagte gevoel en goeie olievloei.
Al die skape word een maal per jaar geskeer teen ʼn gemiddeld van 4 kg per skaap. Met ʼn ongelooflike, praktiese, gemaklike en vinnige skeerhok het Westend Landgoed ook die kapasiteit om sowat 500 skape per dag te skeer. Wol moet egter droog geskeer word en hier is ons ook gerat waar ons die fasiliteite het om 1 500 skape droog te hou, vir drie dae se skeer. Dan word die wol in bale van 180 kg elke gepers, na genoeg 45 skape se wol. Vandaar word die wol deur BKB bemark en met skepe uitgevoer.
Hier by Westend Landgoed bekamp ons diefstalle met selfoonbande wat aan sekere diere in elke trop gesit word. Sodra die diere oormatig rondhardloop dan word jy op jou selfoon gekontak. Hoewel dit duur is, help dit baie om diefstalle te bekamp. Maar dit bly altyd ʼn uitdaging om diefstal hok te slaan.

Bestuur van skape

Westend sien skape as die diere wat gestroopte lande ongetwyfeld die heel beste kan benut

Al die troppe by Westend word as twee groepe hanteer, wat op aparte tye gedek word, apart lam en ook apart geskeer word. Die groepe is ongeveer twee maande uitmekaar wat die bestuur baie vergemaklik. Verder word streng by die dosering-, inenting-, sowel as voedingsprogramme gehou.

Die skape wei vir sowat sewe maande op sowat 40% van die totale weiding. Westend sien skape as die diere wat gestroopte lande ongetwyfeld die heel beste kan benut en selfs vier maande na strooptyd nog steeds kan benut. Vir die ander maand word hulle gevoer.